Man wat by Menlyn Mall val, sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Die man wat van die sesde verdieping van die gewilde Menlyn-winkelsentrum geval het, het Donderdag aan sy beserings beswyk.

Die 31-jarige het glo binne die winkelsentrum geval en is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem.

“Daar word beweer dat die slagoffer op [Donderdag] van vlak ses by Menlyn Park-winkelsentrum geval het. Hy is in die hospitaal dood verklaar,” het kol. Dimakatso Sello gesê.

Die oorsaak van die voorval is in dié stadium nog nie bekend nie, het sy gesê.

“‘n Geregtelike doodsondersoekdossier word geopen vir ondersoek by die Brooklyn-polisiestasie,” het Sello gesê.

Emer-G-Med het net ná 08:00 op ‘n oproep van die gewilde inkopiebestemming gereageer. “Met aankoms op die toneel is vasgestel dat ‘n man, ongeveer dertig jaar oud, van ‘n hoogte van ongeveer drie verdiepings geval het.”

Die man is in ‘n kritieke toestand, het Emer-G-Med vroeër gesê. “Gevorderde lewensondersteunende ingryping was nodig om hom te stabiliseer voordat hy op ‘n meganiese ventilator geplaas is om hom te help om asem te haal,” het die nooddiens gesê.

Die beseerde man is deur Netcare911 se lugmediese helikopter na ‘n spesialisfasiliteit vir die nodige sorg geneem.

“Die rede vir die val en die gebeure wat dit voorafgegaan het, is onduidelik en sal die onderwerp van ‘n Suid-Afrikaanse polisiediensondersoek vorm,” het Emer-G-Med gesê.

Bronne: MSN, The South African, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Man van Pretoria ernstig beseer toe kragopwekker in sy gesig ontplof