Verdagte in hegtenis in verband met taverne-skietery

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (24) is in hegtenis geneem in verband met die taverne-skietvoorval wat verlede maand in Katlehong plaasgevind het.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die polisie het die 24-jarige verdagte Vrydag in hegtenis geneem op verskeie aanklagte van moord en poging tot moord.

Die skietvoorval het by Mputlane In-taverne plaasgevind. Drie mense is doodgeskiet en drie ander is beseer.

Die polisie het volgens brig. Muridili ‘n 9 mm-pistool en ammunisie in die verdagte se besit gekry.

Die pistool sal nou ondersoek word om vas te stel of dit vir enige ernstige misdade gebruik is.

Die polisie ondersoek nog die motief agter die skietery.

Die verdagte sal Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel