‘n Agtjarige dogtertjie word sedert Vrydagoggend vermis nadat sy winkel toe geloop het.
Rudzani Muhanelwa (8) se ma sê sy het haar dogter omstreeks 06:30 Vrydagoggend na ‘n winkel in Mphephu gestuur om kleingeld te kry. Muhanelwa het nooit teruggekeer huis toe nie.
Volgens lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het Muhanelwa se ma by die winkel na haar gaan soek, maar sonder enige sukses.
Sy het die polisie in kennis gestel en ‘n soekspan het in die bosse in die area gaan soek, maar kom Muhanelwa nie kry nie.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 319 9558 of 086 6001 0111 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



