Charley die olifant se ‘aftrede’ word ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

Charley die olifant is al die afgelope 22 jaar by die Pretoria- nasionale dieretuin, nadat hy ongeveer 20 jaar lank deel van die sirkus was.

Dié olifant is nou 42 jaar oud en die dieretuin moet besluit wat nou met Charley moet gebeur.

Nontsikelelo Mpulo, woordvoerder van die dieretuin, sê Charley is nog baie gesond.

Daar word nou na die regte opsies gekyk om Charley op “pensioen” te laat gaan, na ‘n wildreservaat of ‘n soortgelyke omgewing as waarin hy tans is. Die planne sluit ook die moontlikheid in dat hy ‘n maat kan kry nadat sy laaste maat, Landa, in 2019 oorlede is.

In die soeke na die perfekte aftree-wildreservaat vir hierdie majestieuse dier, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) vasbeslote om met samewerking en ondersteuning van rolspelers en vennote sy beste belange op die hart te dra. Alvorens ‘n skuif kan plaasvind, moet daar sekere protokolle plaasvind wat sielkundige- en gedragsevaluasie kan insluit.

Prof. Edward Nesamvuni, voorsitter van die SANBI-raad, bedank personeel, die publiek, belanghebbendes en vennote wat tot hede die beste moontlike lewe vir Charley in die dieretuin verseker het.

Wanneer die nodige prosesse afgehandel is, sal die datum van Charley se aftrede aangekondig word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel