Heerlike wortelpoeding

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ‘n maklike resep vir heerlike wortelpoeding.

Bestanddele:

1 k meel
1 e margarien
1 t bakpoeier
1 k gerasperde wortel
1 eier

Metode:

1) Sif die droë bestanddele saam en vryf die margarien in met vingers.
2) Meng die eier en wortel in.

Sous:

2 k kookwater
1 t suurlemoensap
1 k suiker
1 e gesmelte botter

Metode:

1) Roer die kookwater, suiker en margarien totdat die suiker opgelos is. Giet sous in oondbak.
2) Skep deeg lepelsgewys in sous
Bak teen 180°C tot ligbruin. Heerlik saam met dun vla.

BRON: Elsa Pretorius, Tip Top Resepte en Gesels Groep, Facebook

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel