Ramaphosa besoek Eskom om ‘duidelikheid te kry’ oor uitdagings

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa besoek vandag Eskom om duidelikheid te kry oor die uitdagings wat deur die kragreus in die gesig gestaar word.

Die presidensie het in ‘n twiet gesê pres. Ramaphosa word deur ministers Bheki Cele, Pravin Gordhan en Gwede Mantashe vergesel.

Suid-Afrikaners kry vir ‘n geruime tyd al beurtkrag en die EFF het voorheen aangekondig dat hy “oorlog verklaar” teen pres. Ramaphosa en die ANC, oor kwessies soos onder andere beurtkrag.

Lees die vorige berig hier.