Lalela Mswane, mej. Suid-Afrika, is Vrydagaand as die nuwe Mej. Supranasionaal gekroon.
“Ek is heeltemal oorweldig en op die oomblik voel dit nog surrealisties,” het Mswane kort na die kroning gesê.
Mswane (24) het teen 69 ander meisies van ander lande vir die titel meegeding.
“Ek is dankbaar vir die wonderlike mense wat my hierin ondersteun het. Ek sou dit nie sonder hulle kon doen nie. Die titel is nie net myne nie, dis Suid-Afrika se oorwinning.”
Mej. Thailand, Praewwanich Ruangthong, het tweede in die kompetisie geëindig
Die geleentheid is in Malpolska in Pole gehou.



