Die Universiteit van die Vrystaat het Vrydag aangekondig dat hy met onmiddellike effek sy inentingsbeleid en Covid-19-verwante regulasies skrap.
“Sedert die regering se aankondiging op 22 Junie 2022 dat die regulasies verslap, het die universiteit ‘n risiko-evaluering gedoen om die blootstelling aan studente en personeel se ondersoek. Na die evaluering was dit duidelik dat die universiteit se Covid-19-infeksies tans ‘n lae risiko inhou,” sê prof. Francis Petersen, rektor en vise-kanselier van die universiteit.
“Ons glo Covid-19 is nie meer ‘n direkte bedreiging vir ons studente en personeel nie, en dat die pandemie in ‘n stadium is waar hulle verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid moet neem.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



