EFF ‘verklaar oorlog’ teen Ramaphosa oor beurtkrag, brandstofpryse

Deel hierdie storie / Share this story

Die Economic Freedom Fighters (EFF) het nou “oorlog verklaar” teen pres. Cyril Ramaphosa oor verskeie kwessies soos beurtkrag en brandstofpryse.

Die EFF beplan ‘n nasionale shutdown om pres. Ramaphosa as staatshoof te verwyder.

Julius Malema, EFF-leier, het Donderdag tydens ‘n mediakonferensie in Johannesburg gesê die national shutdown wat die party beplan, gaan “nie ‘n gewone een wees nie”.

Die EFF eis onder andere die inhegtenisname van pres. Ramaphosa, ‘n einde aan beurtkrag, die verlaging van brandstofpryse en ‘n inkomstetoelae vir armes.

Die EFF wil ook hê dat ministers Bheki Cele, Pravin Gordhan en André de Ruyter, hoof van Eskom, uit hul poste verwyder word.

Die datum vir die shutdown is nog nie bekendgemaak nie.

“Dit sal nie ‘n soort staking wees waar kerse vasgehou word en wit vlaggies gewaai word nie. Alles gaan tot stilstand kom om vir die regering te wys genoeg is genoeg.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.