Hier is ‘n resep vir ‘n lekker pastadis vir die einde van die maand as die koskaste en die beursies leeg is!
BESTANDDELE:
• 260 g spaghetti
• 410 g blik pitmielies
• 150 ml olie
• ½ soetrissie
• 4 repe ontbytspek, gesnipper
• 1 pakkie sampioensoppoeier
• 200 ml water
• 1 blik sampioene
• 250 ml cheddarkaas, gerasper
• sout en peper na smaak
METODE:
- Kook spaghetti volgens aanwysings op pakkie tot gaar.
- Dreineer, voeg pitmielies en olie by en meng.
- Braai intussen soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur spaghettimengsel.
- Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute.
- Giet oor spaghettimengsel en meng.
- Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas.
- Bak by 180 °C totdat die kaas mooi bruin is.
Madelaine Bezuidenhoudt / Kaalvoet/Barefoot Chef, Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



