Pasop hiervoor wanneer jy gratis Wi-Fi gebruik

Deel hierdie storie / Share this story

Die internet speel vandag so ‘n groot rol in ons daaglikse lewens en gratis Wi-Fi word oral met ope arms ontvang. Jy moet egter steeds op die uitkyk wees en versigtig wees wanneer jy aan gratis Wi-Fi konnekteer.

Specialised Security Services se Mike Bolhuis het in ‘n verklaring uiteengesit waarna jy moet oplet wanneer jy gratis Wi-Fi gebruik.

  1. Skakel altyd jou “forget this network”/”do not remember”-stelling aan.

2. Installeer ‘n anti-virusprogram op jou selfoon of rekenaar.

3. Kyk na die webtuiste se skakel.

4. Gebruik ‘n veilige konneksie.

5. Moenie jou bankprofiel aanlyn in ‘n openbare ruimte gebruik nie.

6. Gebruik ‘n VPN.

7. Hou al jou wagwoorde veilig.

8. Kies ‘n netwerk met “two factor authentication”.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.