Gewapende verdagtes gesoek na vyf mense doodgeskiet is

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie is op soek na onbekende gewapende verdagtes nadat vyf mense doodgeskiet en vyf ander Donderdag op verskillende plekke in Alexandra beseer is.

Volgens lt.-kol. Mavela Masondo het vier verdagtes glo ‘n aantal mense in die gebied beroof. “Die verdagtes het glo op mense in ‘n Toyota Etios begin skiet. Een persoon is daar beseer.”

Masondo sê die tweede voorval het in Boulevardstraat plaasgevind waar die verdagtes op twee mense in ‘n motor afgekom het, hulle selfone gesteel het en ook op hulle begin skiet het. Die twee mense is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Tydens die derde voorval het die verdagtes ‘n man doodgeskiet. Kort daarna is nog ‘n slagoffer vr sy selfoon doodgeskiet. Nog drie slagoffers is daarna tydens rooftogte doodgeskiet.

Masondo sê die polisie ondersoek vyf moordsake, vyf sake van poging tot moord en gewapende rooftogte.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.