Steeds geen teken van 5-jarige Upington-seun

Die polisie het intussen ook ‘n beloning aangebied vir enige inligting wat hulle kan help om die vyfjarige op te spoor.

(Foto's: Care For You Foundation, Facebook)

(Foto's: Care For You Foundation, Facebook)

Die vyfjarige Lee-Virno van Wyk van Upington is nou al sedert 31 Mei vermis en steeds nie opgespoor nie.

Prudence Duiker, stigter van die Care for You Foundation, het aan FiND iT bevestig die soektog na die seuntjie duur voort en dat daar nog geen leidrade is nie.

Lee-Virno is op 31 Mei laas gesien toe hy omstreeks 12:30 saam met ‘n maatjie verdwyn het om te gaan speel. Hy het nooit teruggekeer huis toe nie.

Die polisie het intussen ook ‘n beloning aangebied vir enige inligting wat hulle kan help om die vyfjarige op te spoor. Lees die artikel hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.