Polisie bied beloning aan vir vermiste Upington-seuntjie

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die Noord-Kaap bied nou ‘n beloning aan vir inligting wat kan lei tot die opsporing van die vermiste vyfjarige van Upington, Lee-Virno van Wyk.

Lee-Virno is sedert 31 Mei vanjaar vermis en die polisie en vrywilligers soek daagliks in sekere areas van Upington na Lee-Virno. Die seuntjie is laas gesien toe hy saam met maats naby die treinspoor in Skierlik gespeel het.

Daar is nou geen spoor van Lee-Virno nie.

Enigiemand met inligting kan kapt. Koos van den Heever by 082 302 0442 kontak.

Die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.