Wetenskap wys Amber Heard het mooiste gesig ter wêreld

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens nuwe inligting wat wetenskaplikes saamgestel het, is Johnny Depp se eks-vrou, Amber Heard, se gesig die “mooiste in die wêreld”.

Heard se gesig is selfs bo dié van Kim Kardashian en die Britse supermodel Kate Moss.

Dr. Julian de Silva, ‘n plastiese chirurg van Londen, het ‘n wetenskaplike metode gebruik om tot die gevolgtrekking te kom.

Die metode analiseer 12 punte van ‘n gesig, insluitend die oë, neus, lippe, ken, kakebeen en gesigvorm.

De Silva gebruik die Greek Golden Ratio of Beauty, Phi, om die perfkte ratio uit te werk.

Heard se gesig was 91.85% na aan Phi.

Kim Kardashian het volgens die tegniek die mooiste wenkbroue, Scarlett Johansson het die mooiste oë en Emily Ratajkowski die mooiste lippe.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.