Eerste geval van aappokke in SA aangemeld

Die huidige uitbreking word oorheers deur hoë getalle in die Verenigde Koninkryk, Spanje, Duitsland, Portugal en Frankryk. Gevalle is ook in die VSA en Kanada aangemeld.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het pas in ‘n verklaring bevestig die eerste geval van aappokke is in Suid-Afrika aangemeld.

“Ek het laat gister ‘n verslag van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se hoof- uitvoerende beampte ontvang dat hulle deur laboratoriumtoetse die eerste geval van aappokke in Suid-Afrika bevestig het.

“Die pasiënt is ‘n 30-jarige man van Johannesburg wat geen reisgeskiedenis het nie, wat beteken dat dit nie daaraan toegeskryf kan word dat hy dit buite Suid-Afrika gekry het nie,” lui die verklaring.

Volgens Phaahla het ‘n proses van kontakopsporing in samewerking met die betrokke gesondheidsowerhede begin.

“Aappokke is gewoonlik ‘n ligte siekte. Dit het gewoonlik ‘n sterftesyfer van 1%. Die siekte is voorheen in die vroeë 2000’s in Afrikalande soos Nigerië, die DRK en Ghana aangemeld.”

Die huidige uitbreking word oorheers deur hoë getalle in die Verenigde Koninkryk, Spanje, Duitsland, Portugal en Frankryk. Gevalle is ook in die VSA en Kanada aangemeld.

“Tot dusver was dit dominant by mans wat met mans seks het, maar die hoofkenmerk is oordrag deur menslike afval,” sê Phaahla.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.