Twee jong SA-wetenskaplikes op pad na Tunisië-wetenskapfees

Die fees, wat oor nege dae strek, word deur die Tunisian Association for the Future of Science and Technology aangebied.

(Foto: itweb.co.za)

(Foto: itweb.co.za)

Twee jong Suid-Afrikaanse wetenskaplikes is gekies om vanjaar by die International Festival of Engineering Science and Technology in Tunisië te gaan deelneem.

Dié twee is gekies om hulle navorsingsprojekte, wat fokus op gesondheidsorg en die fisika van klank, te gaan vertoon.

Die Eskom Expo for Young Scientists het die 17-jarige Kutlwano Tshatiwa van Noordwes en die 18-jarige Ethan de Wet van die Wes-Kaap gekies om Suid-Afrika in Tunisië te gaan verteenwoordig.

Die fees, wat oor nege dae strek, word deur die Tunisian Association for the Future of Science and Technology aangebied.

Tshatiwa het ‘n android app ontwikkel waardeur velkanker gediagnoseer kan word deur ‘n foto. Dit kan ook deur ‘n X-straalfoto bepaal of iemand longontsteking het.

De Wet se projek is gekies as voorbeeld van hoe ‘n industrie wat afhanklik is van natuurlike hulpbronne ekovriendelik kan word.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.