(Foto: Yeast Baking Recipes)

(Foto: Yeast Baking Recipes)

Is jy lus vir ‘n lekker kerrievetkoek?

Vetkoek

Bestanddele:

8 k koekmeel

1 pakkie kitssuurdeeg

1 e sout

bietjie suiker (30 ml)

liter louwarm water

olie (om mee af te knie)

Metode:

Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses.

Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak.

Laat rys 30 min.

Knie af

Rol deeg uit tot so 2 cm dik

Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, en druk uit.

(Dit maak dat die vetkoek hol is binne-in)

Druk vetkoek effens plat tussen hande en bak in warm olie.

Ek gooi altyd eers ‘n klein stukkie deeg in olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg. Draai vetkoeke met ‘n tangetjie om, ander suig dit te veel olie op deur die vurk se gaatjies.

*Dieselfde deeg gebruik ek vir pizzadeeg, brood (knie net 2x af) en roosterkoek.

Geurige kerriemaalvleis

Bestanddele:

1 ui gekap

3 knoffelhuisies fyngekap

Handvol vars mentblare fyngekap

Handvol vars koljander fyngekap

700g beesmaalvleis

1 teelepel fyn komyn

1 teelepel borrie

¼ teelepel fyn gemmer

¼ teelepel fyn naeltjies

4 kerrieblare

½ tot 2 teelepels chillipoeier afhangende van hoe sterk jy die kerrie wil hê

3 steranyssade

½ teelepel fyn kardemom

3 teelepels garam masala

3 tamaties geskil en fyn gekap

3 wortels fyngesny (pasop jou vingers)

3 medium aartapels in klein blokkies gesny

sout

peper

sonneblomolie

2 teelepels Kapruka-kokosneutolie

Metode:

Braai die uie in olie tot sag, voeg al die droë speserye behalwe die sout, peper en steranys by, braai tot die uie ‘n donkerbruin kleur het.

Voeg die maalvleis by, en braai tot bruin, voeg die tamaties by en roer goed deur. Voeg die res van die bestanddele by en roer deur. Indien dit te droog lyk, voeg klein bietjie water by.

Brink tot kookpunt, verlaag hitte, en prut tot die aartappels sag is. Kyk gereeld dat dit nie droog kook nie, voeg slegs ‘n klein bietjie water op ‘n slag by indien nodig.

Elsa Pretorius – TIP TOP RESEPTE EN GESELS GROEP

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.