“Saggies val die druppels. Koud waai die windjie. Almal is besig om sop te maak. Ander maak vuur of sit voor die kaggel om warm te kry. En steeds is jy vermis, onse kind. In die koue dwaal jy seker iewers rond op soek na ‘n bietjie hitte of ‘n bietjie warm sop en mamma se gebakte brood.”
Die gemeenskap van Upington is steeds gebroke na die vyfjarige Lee-Virno van Wyk vermis geraak het. Daagliks kom die polisie en lede van die gemeenskap bymekaar om na die kleuter te soek. Die Care For You Foundation in die dorpie maak ook kos vir die vrywilligers wat help om na Lee-Virno te soek.
Lee-Virno het die middag van 13 Mei na skool by sy niggie gaan kuier. Die twee het saam met ander maats in die veld gaan speel en Lee-Virno se niggie is later sonder Lee-Virno huis toe. Die ander maats is ook later huis toe, maar Lee-Virno het nog nie weer teruggekeer huis toe nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



