By elke konsert deur Queen en Adam Lambert op hul uiters suksesvolle Rhapsody-toer, het die kitaarspeler Brian May ‘n duet uitgevoer met ‘n optiese illusie van die groep se oorlede hoofsanger Freddie Mercury.
Tydens ‘n onlangse optrede by Londen se O2 Arena het dit gelyk of May oorweldig word deur emosie en is hy gesien waar hy ‘n traan afvee. Die oomblik is vasgevang deur TikTok-gebruiker @impsk77.
In die beeldmateriaal speel Brian May die laaste paar note van die hartverskeurende ballade Love Of My Life, van 1975 se A Night At The Opera. Terwyl die liedjie tot ‘n einde kom, gee hy applous en buig voor Mercury, voordat hy tranerig word .
Die illusie van Freddie Mercury is saamgestel met behulp van argiefmateriaal van die sanger wat die liedjie tydens die groep se Wembley-konsert op 12 Julie 1986 uitvoer.
Alhoewel die insluiting van die hologram wat die hoofsanger uitbeeld dalk nie ‘n nuwigheid is nie, het Queen die eerste keer gebruik gemaak van die tegnologie, (wat eintlik eerder ‘n “optiese illusie” as ‘n hologram is) in 2012 om die tiendede herdenking van die We Will Rock You-musiekblyspel in Londen te vier. Dit ruk altyd aan die hartsnare van beide die gehoor en die groeplede.
Mercury, wat in 1991 aan vigs gesterf het, was immers beide ‘n ikoon en ‘n geliefde vriend vir sy mede-rockgroeplede.
Na die aanvanklike gebruik van die hologram in 2012, het die groep gepraat oor hoe hulle ongemaklik was met die idee om dit weer op toere te gebruik.
Brian May het voorheen aan Classic Rock gesê: “Ek wil nie met ‘n hologram toer nie. Dit laat jou soos ‘n museumstuk voel, en ons is nie fossiele nie, ons leef.”
@impsk77 Queen and Adam Lambert, and a bit of Freddie too 😍#JDSummerDrip #queen #rhapsodytour #brianmay ♬ original sound – Impsk
Bronne: Louder Sound, Flipboard, TikTok
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



