‘Stukkende harte’ in Upingtonse gemeenskap oor vermiste seuntjie

Deel hierdie storie / Share this story

Die hele Upington-gemeenskap is in stukke oor die vyfjarige Lee-Virno van Wyk wat vandag vir die agtste dag al vermis is.

Prudence Duiker, stigter van die Care For You Foundation, sê hulle is al vroegoggend besig om voedsel vir die mense wat met die soektog help, voor te berei.

Newton Basson, ‘n fotograaf op Upington wat al sedert 2011 fotografie doen, sê hy is gevra om foto’s te neem tydens die soektog. Hy het toe besluit om eerder ‘n video aanmekaar te sit van Sondag se soektog.

Basson is al vir drie jaar by die Care For You Foundation betrokke en sê hy het Lee-Virno al voorheen ontmoet toe hy tydens ‘n partytjie by sy gesin se huis moes gaan foto’s neem.

“Ons hoop om met die video en foto’s bewusmaking te skep sodat ons meer borge en mense wat hulp kan aanbied, kan bereik. Die area waar daar na Lee-Virno gesoek word, is baie bebos en baie areas is vol modder en water, wat dit moeilik maak vir die soektog om suksesvol voort te gaan.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.