Spesiaal genoeg vir gaste en ‘n heerlike “anderse” resep vir frikkadelle!
Bestanddele (frikkadelle):
750 g maalvleis
1 groot ui gekap
1 pak (150 g) sout-en-asyn tjips (verkrummel)
1 eier, geklits
sout en peper
Metode (frikkadelle):
Meng alles saam en maak frikkadelle. Rol frikkadelle in meel en sit in bak.
Bestanddele (sous):
2 groterige uie in ringe
1 blik (410 g) pynappelstukkies
50 ml asyn
20 ml bruinsuiker
15 ml kerriepoeier
10 ml borrie
30 ml margarien of botter
Metode (sous):
Braai uie in margarien of botter en voeg res van bestanddele by. Gooi oor rou frikkadelle en bak in oond tot gaar. Bedien met rys of kapokaartappels.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Resep: Lorraine Weitz Brand, Kaalvoet/Barefoot Chef



