Hykie Berg en Gerridene verwag ‘n baba

Deel hierdie storie / Share this story

Die akteur Hykie Berg en sy vrou, Gerridene, het opgewonde die nuus van ‘n babatjie op Hykie se Facebook-blad gedeel.

In die video sit die twee dolgelukkig op ‘n rusbank met hulle vierpotige babas.

“Ek weet nie of julle ooit familie-gatherings het nie,” begin Hykie. “Dit is wat ons nou vanaand gaan doen. Ons het al drie die kinders bymekaargeroep en hulle is netjies aangetrek, want ons moet vir hulle nuus breek. Dis ‘n baie sensitiewe saak.”

“Onthou julle julle het altyd gevra vir ‘n babatjie? Wanneer kom die volgende babatjie? Daar kom ‘n babatjie! Julle kry ‘n nog ‘n Bergie-babatjie!”

Aanhangers is baie bly oor die goeie nuus en gelukwensings stroom in op sosiale media.

“Baie great oorgedra. God seën,” skryf pastoor Rooies Strauss.

“Baie baie BAIE GELUK! God se tyd, prys die Here!” skryf nog iemand.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.