Media faal oorlewende kinders van pa wat glo seuns vergiftig het

Deel hierdie storie / Share this story

Mediahuise is gekritiseer vir die manier waarop hulle berig het oor die die pa wat na bewering sy kinders vergiftig het en die uitwerking wat die beriggewing op die oorlewende kinders het.

Die pa het glo vir sy vyf kinders energiedrankies wat gif bevat het gegee om te drink en homself en die gesin se hond vergiftig.

George Kalu van Media Monitoring Africa, in ‘n Press Code- redaksionele mening deur die Daily Maverick, beklemtoon hoe die media oënskynlik versuim het om ‘n etiese lens toe te pas, deur die privaatheid van die kinders te skend.

Drie kinders wat na bewering deur hul pa vergiftig is, is dood terwyl een kritiek siek in die hospitaal was. Die ander een het oorleef, aangesien hy nie die drankie gedrink het nie.

Sommige media het dit aanvaarbaar geag om beide die kinders wat gesterf het en die kinders wat oorleef het, te noem en te identifiseer.

Kalu het gesê die twee oorlewende kinders word duidelik deur dié besluit benadeel.

Hulle moenie net die trauma van die voorval hanteer nie, maar hul privaatheid word ook aangetas.

“Stel jou voor dat jy een van die kinders is wat oorleef het, dat jou pa daarvan beskuldig word dat hy jou broers en susters vermoor het. En dit is nou alles in die publieke oog met jou privaatheid heeltemal verontagsaam. Hoe is dit in die beste belang van die twee broers en susters?” vra Kalu.

Die volgende is voorbeelde van verslae wat die regte op privaatheid van die betrokke kinders geskend het:

Media24 het die name en foto’s van die drie kinders wat gesterf het, gepubliseer en sodoende die twee kinders wat oorleef het, indirek uitgeken.

The Star het die drie kinders genoem wat gesterf het, asook die kind wat in die hospitaal is.

Soos The Star, het TimesLIVE al drie oorlede kinders genoem, asook die kind wat in die hospitaal opgeneem is.

Sunday World het al die familielede genoem en ‘n foto van die ma in trane gepubliseer.

The Citizen het die drie oorlede kinders se naam genoem.

SABC News het al die kinders wat gesterf het, se name genoem en die familienaam bekend gemaak.

EWN het op Twitter die foto’s en name van die kinders wat gesterf het, gepubliseer.

eNCA het al die drie oorlede kinders genoem en hul familienaam bekend gemaak. Die twee kinders wat oorleef het, is ook in die verslag genoem.

Media Monitoring Africa (MMA) wil die media versoek om by die Perskode van Etiek en Gedrag vir Suid-Afrikaanse gedrukte en aanlynmedia of, waar van toepassing, hul eie interne redaksionele beleid, te hou.

Bronne: MSN, The South African

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: KZN-pastoor slaan na bewering tienermeisie dood omdat sy ‘demoonbesete’ is