Die KwaZulu-Natalse LUR vir maatskaplike ontwikkeling sal na verwagting die familie van ‘n tienermeisie wat na bewering deur haar pastoor doodgeslaan is oor bewerings dat sy “demoon besete” was, besoek.
Die departement het in ‘n verklaring gesê daar word beweer vyf kinders van die KwaNzimakwe, Ugu-distrik, aan die KZN-Suidkus is van die 25ste tot die 29ste Mei gyselaar gehou en na bewering deur ‘n plaaslike pastoor geslaan is, wat beweer het hulle is van “demone besete is”.
’n 13-jarige meisie is na bewering dood as gevolg van die wrede aanranding, terwyl vier ander kinders oorleef het.
Die departement het gesê daar word verder beweer diegene wat by die voorval betrokke was, het probeer om die dood te verdoesel deur met die misdaadtoneel te peuter.
Maatskaplike werkers is op 2 Junie oor die voorval ingelig nadat hulle ‘n skoolbesoek gedoen het.
Die vier oorlewende kinders is onder toesig van maatskaplike werkers na ‘n plek van veiligheid verwyder.
Bronne: Sowetan LIVE, MSN, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: KZN-vrou in hegtenis vir verkoop van huis van R2,2 miljoen wat nie hare is nie



