Ramaphosa: Brandstofprysverligting is onvolhoubaar

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa sê die brandstofheffingvermindering kan nie vir altyd verleng word nie. Hy het in sy weeklikse nuusbrief oor die stygende lewenskoste gepraat.

Die president sê die koste van die brandstofprysverligting is nie volhoubaar nie, aangesien fondse herlei moet word.

Hy sê hoewel die brandstofprys deur internasionale gebeure buite ons beheer beïnvloed word, is daar dinge wat gedoen kan word.

Een daarvan is die verhoging van die landbou-uitset om stygende voedselpryse te versag.

Dit sal meebring dat meer kleinskaalse boere ondersteun word en staatsgrond vir boerdery vrystel. Ramaphosa het ondernemings ook gewaarsku om nie die situasie uit te buit nie.

Die Mededingingskommissie sal die mark vir voedselprysverlaging monitor.

Bronne: MSN, News365, Twitter

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Nege aangekla van moord op Uber-bestuurder tydens Parkwood-boendoe-aanval