Daar is niks so lekker soos ‘n lekker warm bakkie sop met ‘n tuisgemaakte broodjie daarby nie. Hier is ook ‘n lekker resep vir romerige spek-en-sampioensop.
Bestanddele:
650 ml lou warm water
1 kg broodmeel
1 pakkie kitsgis
1 eetlepel suiker
1 teelepel sout
Metode:
Meng gis en suiker met die water. Sit eenkant vir paar minute totdat die gis aktiveer en begin skuim.
Gooi dan die meeste van die meel en die sout by die gismengsel en roer met ‘n vurk tot alles goed gemeng is.
Strooi bietjie meel op jou werksoppervlak. Dop die deeg daarop uit en knie en bewerk die deeg goed tot dit lekker elasties is en nie te erg aan jou hande klou nie.
Sit terug in die bak en bedek met ‘n klam doek. Laat dit rys vir omtrent ‘n uur of tot verdubbel in grootte.
Na dit gerys het, knie weer net ‘n paar sekondes en vorm in watter vorm jy dit wil hê. Rolletjies of brode, enigiets sal werk.
Laat staan in die panne tot dit weer verdubbel het in grootte, dit kan tot ‘n uur neem.
Bak in ‘n voorafverhitte oond by 180 grade vir 35 minute of tot mooi goudbruin.
Bron: Schalk Nel, Die Verveelde Huisvrou, Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



