Volgens die Facebook-blad, Voice for Chevonne Rusch, was daar glo geen forensiese ondersoek by die huis waar Chevonne vermoedelik deur haar ma se kêrel mishandel en aangerand is, gedoen nie, “omdat daar te veel mense in en uit die huis was.”
Volgens die blad was die SAPS onder die indruk Chevonne is by die kliniek dood en daarom was die huis nie afgesper nie en was dit onmoontlik om enige DNA van moontlike beskuldigdes op die eiendom te versamel vir ‘n akkurate forensiese ondersoek.”
Stefan van Niekerk, die man wat daarvan verdink word dat hy die tweejarige Chevonne Rusch mishandel en toe vermoor het, is tans in aanhouding. Hy het op 25 Mei in die hof verskyn, maar sy borgaansoek laat vaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



