Romerige spek-en-sampioensop

Deel hierdie storie / Share this story

Romerige spek-en-sampioensop, genoeg vir ses mense, is perfek vir die koue aande wat voorlê.

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml droë pietersielie
250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
500 g (2 x 250 g pakkies) sampioene, in skyfies gesny
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
1 lourierblaar
4 grasuie, gekap

Witsous

60 ml (4 e) botter
60 ml (4 e) koekmeel
625 ml volroommelk
knypie sout en rooipeper

Dekseltjies

800 g (2 x 400 g rolle) skilferkorsdeeg
1 eier
bietjie melk

Metode

Stel die oond op 200°C.
Verhit olie en soteer ui en pietersielie tot ui sag is. Voeg spek by en braai tot gaar.
Voeg sampioene by en braai tot sag. Voeg hoenderaftreksel en lourierblaar by.
Prut vir 20 min. oor matige hitte. Verwyder lourierblaar en grooi grasuie by.

Witsous: Smelt botter en roer koekmeel by tot bal vorm. Voeg melk geleidelik by terwyl geroer word sodat gladde witsous vorm. Prut tot sous begin verdik. Roer sout en rooipeper by. Verwyder van hitte en roer by sampioenmengsel. Prut nog vyf minute oor lae hitte.
Verdeel sop tussen groot sopbekers/bakkies wat in oond kan bak.

Dekseltjies: Sny skilferkorsdeeg groter as die bekers/bakkies se bokante en plak met bietjie water op kante vas. Klits eier en melk en verf bokant van skilferkorsdeeg. Bak vir 18 minute tot goudbruin bo-op.

Resep: Vrouekeur

Wie wil nou gewone aartappelskyfies eet wanneer jy aartappelskyfies toe onder ‘n kaas-en-mayonnaise-sous en stukkies gebraaide spek en uie kan eet?

Hier is ‘n heerlike resep vir “animal-style”-skyfies. Jy sal nie spyt wees nie!