‘Animal-style’-aartappelskyfies

Deel hierdie storie / Share this story

Wie wil nou gewone aartappelskyfies eet wanneer jy aartappelskyfies toe onder ‘n kaas-en-mayonnaise-sous en stukkies gebraaide spek en uie kan eet?

Hier is ‘n heerlike resep vir “animal-style”-skyfies. Jy sal nie spyt wees nie!

Bestanddele:

1 pak gevriesde skyfies

250 g gesnipperde spek

1 pakkie Knor- kaassous

2 e koekmeel

250 ml melk

1 Weense worsie

handvol gerasperde kaas

mayonnaise na smaak

sout en peper na smaak

Metode:

Plaas die skyfies in die mikrogolf tot dit ontdooi is. Braai die skyfies dan in kookolie tot dit lekker krakerig is. Haal uit en plaas dit op ‘n bord en strooi bietjie sout en speserye oor.
Braai dan die spek tot dit ook goudbruin en krakerig is.
Witsous: Sit 1 pakkie pastasous in n mikrogolfbare bakkie. Voeg die koekmeel by. Voeg gerasperde kaas en melk by en meng goed. Plaas dan in die mikrogolfoond vir 5 minute. Roer af en toe.
Haal die witsous uit en voeg die gebraaide spek by. Sny die worsie in skyfies daarby. Meng die spek en die worsie met die witsous.
Bediening: Skep die witsous-mengsel en mayonnaise oor die skyfies. Rasper bietjie kaas oor, plaas dit in die mikrogolf sodat die kaas bo-op kan smelt. Bedien warm.

Resep: Food Lovers Recipes