‘n Persoon wat graag anoniem wil bly, het nou aangebied om die 17-jarige Jonathan Barnard se hospitaalkoste te dek na hy sy been tydens ‘n rugbywedstryd gebreek het.
Jonathan, ‘n leerling van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, het verlede Saterdag tydens ‘n rugbywedstryd sy bobeen gebreek toe ander spelers bo-op hom geval het. Sy skool het teen Hoërskool Sentraal gespeel.
Marisa Barnard, Jonathan se ma, sê sy het nie op die oomblik meer inligting beskikbaar nie. Hou FiND iT dop vir meer hieroor.



