Aleit Swanepoel in sy slaap dood

Deel hierdie storie / Share this story

Aleit Swanepoel, stigter van die Aleit-groep, is in sy slaap oorlede.

Die groep beplan troues en ander geleenthede.

Die nuus is is op sy Facebook-blad gedeel.

“Dit is met groot hartseer dat ons u in kennis stel van die afsterwe van ons stigter, Aleit Swanepoel. Aleit is in sy slaap oorlede, en hoewel daar geen verdere inligting is om op hierdie oomblik te deel nie, vra ons dat u sy familie in u gedagtes sal hou terwyl hulle deur hierdie moeilike tyd gaan. Aleit was ‘n innoveerder, perfeksionis en kreatiewe genie wie se flambojante persoonlikheid en toewyding baie gemis sal word. Ons sal voortgaan om sy groot nalatenskap deur alle Aleit besighede en entiteite te handhaaf en te koester,” lui die inskrywing.

Swanepoel was die aanbieder van die leefstylprogram, Tyd met Aleit, wat op kykNET uitgesaai is.