‘n Man het sy vrou en drie dogters wreed doodgesteek voordat hy homself in Diepkloof, Soweto, probeer ophang het.
Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Mavela Masondo, het hulle Donderdag op ‘n gesinsgeweldvoorval gereageer.
“’n 64-jarige man is onder polisiebewaking in die hospitaal nadat hy na bewering sy vrou en twee kinders vermoor en gepoog het om die derde kind in Diepkloof, Soweto, die aand van Donderdag 12 Mei 2022 te vermoor. Daar word verder beweer dat die verdagte probeer selfdood pleeg het deur homself op te hang ná die steekvoorval,” het Masondo gesê.
Hy het gesê met hul aankoms het die polisie ‘n vrou en drie meisies met steekwonde aan hul bolywe gevind.
“Die vrou van 29 en twee meisies van een jaar en ses jaar oud is op die toneel dood verklaar, terwyl die derde meisie van vier jaar hospitaal toe geneem is vir mediese behandeling.”
Masondo het gesê die man is na berig word die man en pa van die slagoffers. Hy is gearresteer en hospitaal toe geneem nadat hy beserings opgedoen het weens die beweerde selfdoodpoging.
Die man is van moord en poging tot moord aangekla. Hy sal hof toe geneem word sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.
Bronne: Daily Sun, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Meisie (8) oorleef keel wat gesny word



