Klein Marno Muller, ‘n seuntjie wat so gou in soveel Suid-Afrikaners se harte gekruip het met sy storie, is steeds op sterk sedasie en lewensondersteunende masjiene.
Marno is by die kleuterskool in ‘n fratsongeluk op die glyplank deur sy baadjie se toutjies gewurg en was al blou toe hy gekry is. Lees die vorige berig hier.
Chris Marais, direkteur van Hemelse Pêrels NPC, sê Marno het reeds begin om bloedoortappings te kry. “Die dokters sê dis vir drie dae om sy regterlong, wat platgeval het, te help regkom.”
“Mense, ons bid, glo en ons vertrou.”
FiND iT het voorheen berig Helga Muller, Marno se ma, sê sy glo ook dat die Here haar seun weer sal wakkermaak. Lees die berig hier.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



