‘n Duitse vrou het nou aan die wêreld erken dat sy in ‘n “ernstige verhouding” met haar speelgoedvliegtuig is.
Sarah Rodo (23) sê sy identifiseer as “objectum sexual”, wat beteken dat sy net tot voorwerpe aangetrokke is. Sy beplan om met haar speelgoedvliegtuig te trou, want hy “voltooi haar”.
Rodo noem haar “kêrel” Dicki. Sy vertel sy het in die verlede met mans uitgegaan, maar dat dit Dicki is wat haar “voltooi”.
Sy sê sy is al aan voorwerpe aangetrokke vandat sy ‘n tiener is.
Sy verwys na haar abnormale liefde vir voorwerpe. “Ek het besef dat ek nie aangetrokke is tot mense nie, dat ek hulle nie wil vashou of intiem raak nie. Maar met my voorwerpe wil ek net intiem raak. Dis die beste seks wat ek al gehad het!”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



