Marno Muller wat tans in die hospitaal opgeneem is na ‘n fratsongeluk by ‘n kleuterskool, is nié dood nie.
Marno is by die kleuterskool in ‘n fratsongeluk op die glyplank deur sy baadjie se toutjies gewurg en was al blou toe hy gekry is. Lees die vorige berig hier.
Chris Marais, direkteur van Hemelse Pêrels NPC, sê hulle is in kennis gestel van stories wat versprei word dat klein Marno oorlede is.
“Marno veg vir sy lewe en ons sal dit waardeer as mense nie sulke woorde oor hom spreek nie. Neem in ag dat sy mamma en pappa en familie deur hel gaan en nie sulke stories wil hoor nie.”



