Die president van Mexico, Andrés Manuel López Obrador, het Dinsdag die verkoop van e-sigarette in dié land verbied.
Die land het voorheen die invoer van e-sigarette verbied.
Die land sê die gebruik van e-sigarette hou ernstige gesondheidsrisiko’s in.
Pres. Obrador sê dit was ‘n “leuen” om voor te stel dat e-sigarette minder ongesond is as tabak.
Die aankondiging is op World No Tobacco Day gemaak.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het verlede jaar in Julie aangekondig dat meer as 30 ander lande al die verkoop van e-sigarette verban het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



