Vandag is die tweedelaaste dag in die verhoor tussen die aktrise Amber Heard en haar eks-man Johnny Depp.
Die 58-jarige Pirates of The Carribean-akteur dagvaar Heard (36) oor ‘n rubriek wat sy in 2018 vir Washington Post geskryf het. Die rubriek het gehandel oor haar ervaring met huishoudelike geweld.
Lees ook: Vrou sê in hof haar baba is Johnny Depp s’n
Depp se naam is nie in die artikel genoem nie, maar sy prokureur voer aan dit hou direk verband met die bewerings wat sy teen hom gemaak het. Depp eis nou skadevergoeding van $50 miljoen.
Die saak, wat in die Amerikaanse deelstaat Virginië aangehoor word, sal om 15:00 (Suid-Afrikaanse tyd) plaasvind.



