“Hierdie baba is joune!” ‘n Vrou is Maandag tydens die hofverrigtinge in die saak tussen Amber Heard en Johnny Depp uit die hof gegooi na sy opgestaan en geskree het dat haar baba Depp s’n is.
Die vrou, wat nog nie geïdentifiseer is nie, se uitbarsting het tydens ‘n verdagingin die hof gebeur. Die regter, Penney Azcarate, was nie in die hof nie.
VIDEO: Leeu byt man se vinger af in dieretuin
“Johnny, ek is lief vir jou! Ons siele is met mekaar verbind,” het sy in die hof gesê.
Depp het na haar gedraai, geglimlag en gewaai.
Een van die hofbeamptes het die vrou genader en haar uit die hof verwyder.
Kyk hier na die video:



