‘n Video van ‘n dieretuinopsigter wat probeer het om toeriste te vermaak toe sy vinger deur ‘n honger leeu afgebyt is, doen tans die rondte.
Die voorval het Vrydagmiddag omstreeks 16:22 by die St. Elizabeth-dieretuin in Jamaica plaasgevind.
In die video speel en lag die opsigter met die leeu. Hy druk sy vinger deur die draad en binne sekondes gryp die leeu daarna.
Lees ook: ‘Potensieel gevaarlike’ reuse asteroïde vlieg Vrydag verby die aarde
Die dieretuin het intussen die voorval bevestig en gesê die man word bygestaan.
In ‘n verklaring het die dieretuin aan Jamaica News gesê: “Die optrede van die kontrakteur by die Jamaica Zoo is tragies en verteenwoordig nie die veiligheidsregulasies wat ten alle tye toegepas moet word nie.”
“Toe dit gebeur het, het ek gedink dis ‘n grap. Ek het nie die erns daarvan besef nie, want dis hulle werk om toeriste te vermaak,” sê ‘n getuie aan The Jamaica Observer.



