‘n Reuse asteroïde wat groter is as die Burj Khalifa, die langste gebou in die wêreld, sal Vrydagoggend verby die aarde vlieg.
Die Burj Khalifa is sedert hy in 2004 gebou is die langste gebou in die wêreld.
Maar dié gebou in Dubai is piepklein in vergelyking met die asteroïde wat Vrydag verby die aarde sal vlieg.
VIDEO: Leeu byt man se vinger af in dieretuin
Die asteroïde, genaamd 7335, meet 1,8 km in diameter.
NASA het die asteroïde as “potensieel gevaarlik” geklassifiseer, maar omdat die asteroïde ongeveer 4 miljoen kilometer ver verby die aarde vlieg, is die kanse skraal dat dit kan skade aanrig.



