Kankerverwekkende asbes in Johnson & Johnson se babapoeier

Deel hierdie storie / Share this story

Meer as $2 miljard se skadevergoeding is teen Johnson & Johnson deur ’n appèlhof in Missouri, in die VSA bekragtig omdat die welbekende maatskappy glo geweet het daar is asbes in sy babapoeier wat moontlik kanker kan veroorsaak.

Volgens The Gaurdian het die hof beveel dat ‘n filiaal van Johnson & Johnson $2,1 miljard se skadevergoeding aan vroue moet betaal wat die blaam vir eierstokkanker op die maatskappy se poeierprodukte, insluitend sy ikoniese babapoeier, geplaas het.

Dit is met meer as die helfte van $4,69 miljard wat geëis is, in kompenserende en bestraffende skadevergoeding aan die vroue verminder, in die saak wat in Julie 2018 begin is.

Die maatskappy, wat volhou dat sy produkte veilig is, het in Oktober 2021 duisende poeier-regsgedinge aan ‘n nuwe filiaal, LTL Management LLC, toegewys en dit bankrot verklaar. Johnson & Johnson het sy babapoeier in 2020 van verkope in die VSA en Kanada onttrek.

Verkope van babapoeier het gedaal nadat Amerikaanse reguleerders kankerverwekkende chrisotielvesels, ‘n soort asbes, in ‘n monster opgespoor het.

Die maatskappy word nou deur meer as 34 000 regsgedinge in die gesig gestaar, insluitend van vroue wat beweer dat hulle babapoeier gebruik het, en later eierstokkanker ontwikkel het.