Eskom sê hy sal van 17:00 tot 22:00 vanaand beurtkrag implementeer, en dan weer Saterdag- en Sondagaand (ook van 17:00 tot 22:00).
Tydens fase 2-beurtkrag sal elke area twee ure sonder elektrisiteit wees.
Hier is ’n paar wenke hoe om gereed te wees wanneer die krag afgaan
- Plaas die voorafgeskeduleerde beurtkragprogram op ’n sigbare plek sodat jy vroegtydig voorbereid kan wees;
- Hou altyd kerse en aanstekers binne bereik vir wanneer die krag skielik afgaan. Jy kan ook flitsligte met ekstra batterye byderhand hou;
- Maak seker alle toestelle soos selfone en skootrekenaars is vol gelaai;
- Dit is ’n goeie idee om ’n batterypak aan te skaf vir indien jy nie jou toestelle betyds kon laai nie;
- As jy ’n elektriese hek of motorhuis het, maak seker jy het genoeg batterye wat jy kan inspan sodra ’n krisis opduik;
- Vir al die liefhebbers van koffie en tee – kook vooraf water en gooi dit in ’n warmfles vir wanneer jy lus is vir ’n warm koppie koffie of tee;
- Vries leë koeldrankbottels vol water om in jou yskas of vrieskas te plaas sodat kos nie afgaan of sleg word nie;
- Dit is ook ’n goeie idee om ’n gaslampie of twee te hê;
- Bedien kosse soos ham-, kaas- en tamatiebroodjies wat nie elektrisiteit benodig in die voorbereiding daarvan nie.
Lees ook: Rihanna se babaseuntjie gebore



