Rihanna se babaseuntjie gebore

Deel hierdie storie / Share this story

Rihanna en haar kêrel A$AP Rocky het hulle eerste babaseuntie in die wêreld verwelkom.

‘n Bron na aan die paartjie het aan PEOPLE bevestig die twee is nou tuis in Los Angeles saam met hulle baba.

“Dit gaan goed met Rihanna,” sê die bron. “Hulle is baie opgewonde om ouers te wees. Rihanna is reeds ‘n wonderlike ma.”

Lees ook: Die nuutste uitgawe van Kimberley Online Co.

Rihanna het in Januarie eers bekendgemaak dat sy swanger is. Na sy in New York met haar swanger maag afgeneem is, het ‘n bron aan PEOPLE gesê Rihanna is “opgewonde om ‘n ma te wees” en dat sy “nie gelukkiger kan wees nie”.