Babelse verwarring oor dra van maskers by skole

Deel hierdie storie / Share this story

Babelse verwarring heers nou oor die dra van maskers in klaskamers ná die nuwe regulasies in die Staatskoerant gepubliseer is.

Ouers was vanoggend verheug oor die aanvanklike publikasie in die Staatskoerant op die departement van gesondheid se webtuiste wat sê dat Suid-Afrikaners steeds in openbare plekke maskers móét dra, maar dat dit nie vir kinders op die skoolbanke verpligtend is nie.

Verskeie mediahuise het oor die nuwe maatreëls berig na dit in die Staatskoerant gepubliseer is.

“Wanneer ‘n persoon in ‘n openbare plek is, moet hy ‘n masker dra. Dít is nie van toepassing op skoolkinders nie. Geen persoon mag ook van openbare vervoer gebruik maak sonder ‘n masker nie.”

Intussen is daar ‘n instruksie deur M Marais, hoof van die departement, aan skoolhoofde gestuur dat alle leerlinge, onderwysers en ander betrokke persone by skole nie tydens buitemuurse aktiwiteite ‘n masker hoef te dra nie, maar steeds in die klaskamers of in die skoolgeboue moet.

“Enigiemand wat nié in die besit is van ‘n masker nie, mag nie op die skoolgronde toegelaat word nie.”