Boete vir motoriste wat nie bestuurslisensies hernu

Vandag is D-dag vir motoriste wie se rybewyse tussen Maart 2020 en Augustus verlede jaar verval het.

Volgens amptenare was daar aan die begin van Mei 1,3 miljoen lisensiekaarte wat steeds nie hernu is nie.

Die agterstand is as gevolg van bedrywighede wat by sentrums deur die Covid-19-pandemie gestaak is.

Die situasie is vererger toe die land se enigste lisensiedrukmasjien verlede jaar gebreek het.

Die Padverkeersbestuurskorporasie sê motoriste wat vandag se sperdatum misgeloop het, word aangeraai om tydelike lisensies te bekom.

Leave a Reply

Your email address will not be published.