Terwyl motoriste gister ‘n effense verlaging in petrolpryse gesien het, gaan hoë brandstofkoste in die komende maande ‘n impak op verskeie ander kostes hê, wat dalk nie onmiddellik duidelik sal wees nie, sê beleggingshoof, Renzi Thirumalai van FNB.
FNB se voorspellings toon dat petrolpryse van meer as R20 ‘n liter waarskynlik oor die volgende twee jaar gaan normaliseer, aangesien oliepryse hul skerp vlakke teenoor die rand handhaaf.
Thirumalai sê sommige van die ooglopende uitwerkings van die hoë brandstofpryse op Suid-Afrikaanse verbruikers sluit in motorvoertuigbedryfskoste, vervoerkoste en die koste van verbruikersgoedere.



