Clover-moord: Derde beskuldigde doen môre aansoek om borg

Deel hierdie storie / Share this story

Die derde beskuldigde in die moord op Terence Tegg, die oud-Recce en sekuriteitswag wat in Februarie wreed vermoor is tydens die Clover-stakings, en die aanranding op J.J. Cassanga, een van die wagte wat ernstige beserings tydens die brutale aanval opgedoen het, sal na verwagting môre in die Tembisa-landdroshof om borgtog aansoek doen.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid ondersteun tans vir Michele Bebbington wat verloof was aan Tegg, asook vir Cassanga.

Die privaatvervolgingseenheid help ook die SAPD in hierdie saak om toe te sien dat geregtigheid geskied en sal môre in die Tembisa-landdroshof wees om die borgverrigtinge verder te monitor.