Suid-Afrikaners moet steeds binnenshuis maskers dra, maar kinders hoef nie meer maskers skool toe te dra nie, het dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, en sy departement Woensdagaand laat bekendgemaak.
Phaahla het Woensdagaand beperkte regulasies in die Staatskoerant gepubliseer, ‘n kort rukkie voor die oorgangsmaatreëls om middernag Woensdag sou verval.
Suid-Afrikaners moet steeds binnenshuis maskers dra as hulle ‘n openbare plek betree, maar kinders wat in skole is, hoef nie maskers te dra nie.
Jy mag ook nie van openbare vervoer gebruik maak sonder ‘n masker nie.
Klik hier om die nuwe Staatskoerant af te laai.



