Vrystaatse graad 6-leerling sterf na messteek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Graad 6-leerder in die Vrystaat het gesterf nadat hy deur ‘n mede-leerling met ‘n mes gesteek is.

Volgens die Vrystaatse departement van onderwys het die voorval net 600 meter van die Laerskool Zama op Zastron, wat deur albei leerlinge bygewoon is, plaasgevind.

Die departement sê die seuns het op Woensdag 4 Mei 2022 baklei. Dit het daarop uitgeloop dat die leerling die ander een met ‘n lepel gesteek het.

Die skoolhoof het ingegryp en die aggressor gevra om huis toe te gaan en saam met sy ouers terug te keer.

Die leerder het teruggekom skool toe, maar sonder sy ouers – en gewapen met ‘n mes, wat hy glo gebruik het om die ander leerling dood te steek.

“ ‘n Bakleiery het vanoggend tussen die seuns by die skool uitgebreek nadat die verdagte na bewering die nou oorlede leerder met ‘n lepel geboelie en probeer het om hom te steek. Die verdagte is deur die skoolhoof opdrag gegee om huis toe te gaan en sy ouers te bring, maar hy het teruggekom met ‘n mes waarmee hy die oorledene in die bors gesteek het.”

’n Onderwyser het met die beseerde leerder hospitaal toe gery, maar hy is op pad oorlede.

Die departement sê die leerling wat as ‘n verdagte geïdentifiseer is, het aanvanklik van die toneel gevlug en is later deur die gemeenskapslede aan die polisie oorhandig.

’n Ondersoek na die leerder se dood is nou aan die gang.

Bronne: MSN, Daily Mirror

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Meisie (8) oorleef keel wat gesny word